Tuesday, June 10, 2014

Ons troue 04.10.2014 in Prins Albert


Aan al ons baie spesiale gaste, welkom by ons 'wedding blog'! Hier kan julle alle informasie kry en vir verdere vrae is daar n 'kontak besonderhede' blad. 

Ons is so opgewonde om ons groot dag met almal te deel in die amazing Karoo wat vir ons albei 'n baie spesiale plek is. Behalwe vir n groot liefde vir die Karoo as gevolg van sentiment en goeie herinneringe, is dit ook n plek waar ons voel jy net kan ontsnap na pure ontspanning... Nêrens is die sterre so helder soos in die Karoo, nêrens is die lug wat jy inasem so skoon of die water wat jy drink so suiwer en vars. Die sonsondergang is asemrowend met honderde kleure in die lug. Die grys klippe, droë bossies en plat landskap is net onbeskryflik en nêrens proe die skaap tjoppies beter.

Baie dankie vir almal wat bereid is om 'n entjie te ry om ons dag te deel en die wat baie baie ver vlieg, dit gaan verseker die moeite werd wees. Prins Albert is 'n fantastiese dorpie met baie lekker dinge om te doen, plekke om te sien en vriendelike mense om geselsies mee aan te knoop. Kyk die 'sien en doen in prins albert' blad vir lekker idees om 'n heerlike naweek daarvan te maak. Ons kan nie wag om almal op Drie Riviere plaas te sien nie. Tannie Johanna gaan sorg dat dit die heerlikste dag is, van partytjie en Karoo kos! 

Baie liefde en opwinding
Ingrid en Jovan