sien en doen in prins albert

Daar is so baie lekker dinge om in Prins Albert te doen, dat ons 'n lysie bymekaar gesit het...

*Ontbyt by The Coffee Shop in Kerkstraat: 77 Kerkstraat langs die Swartberg hotel. Heerlike ontbyt buite op die stoep. Die Kokkedoor winkel is ook net langsaan vir 'n in 'pop'.



*Wynproe by die kleinste wynplaas in die Suidelike Halfrond: Soetkaroo Estate 56 Kerkstraat: Net oorkant die pad van The Coffee Shop is daar 'n klein, klein wynplasie met die heerlikste port en soetwyn om te proe. Daar is ook Bergwater kelder net buite Prins Albert in die rigting van Meiringspoort wat 'n wye verskeidenheid wyne het. Hulle doen tastings tussen 10:00 en 15:00 op Saterdae. Hier is die aanwysings na Bergwater.




*Kaas proe by Gay's Guernsey Dairy net buite die dorp na Meiringspoort se kant, heel aan die einde van Kerkstraat. Hulle is net oop tussen 08:00 en 10:00 en weer 16:30 tot 18:00 oor naweke so beplan mooi, dis blykbaar 'n moet doen aktiwiteit in Prins Albert.




*Prins Albert is ook baie bekend vir heerlike olywe en olyf produkte. Prince Albert Olives is in die dorp, Hope straat en het die mooiste geel blikke olyfolie! Hulle doen olyf tastings.




*Vir die wat bietjie aktief wil wees êrens oor die naweek. Daar is lekker stap roetes byvoorbeeld die Grootkloof in Gamkaskloof stap in die Swartberg Natuurreservaat wat 'n 6km staproete is. Daar is ook 'n vinnige kort een, die Koningsgat roete in Gamkaskloof wat net 1.4km is en ook in die Swartberg Natuurreservaat. Vir die wat dalk Sondag 'n dag stappie wil doen is daar Bloukop net 3km buite Prins Albert.




*The Showroom teater is een van die amazingste geboue ooit. The Showroom is in Kerkstraat 43. Om dop te hou wie rondom die naweek van die troue daar gaan optree, gaan hier. Kaartjies kan ook hier bespreek word. Dalk iets lekker om te doen vir die wat al Vrydag aand in Prins Albert gaan wees of die wat 'n lang naweek maak daarvan, die Sondag aand.