aanwysings

Vanaf N1 - Kaapstad: Wanneer jy in Prins Albert dorpie in ry is jy in Kerk straat (hoofstraat van Prins Albert) hou reguit aan in Kerk straat tot verby die informasie kantoor op links, nog 'n entjie aan draai links in Pastorie straat oorkant die kerk op regs. Ry reguit aan in Pastorie straat, waar Pastorie straat grondpad raak, ry nog plus minus 4km aan tot by afdraai na links, na Drie Riviere plaas. Ry plus minus 1.5km, tot by die parkering wat aangewys sal word.

Vanaf Oudtshoorn en De Rust: Wanneer jy in Prins Albert dorpie in ry is jy in Kerk straat (hoofstraat van Prins Albert) hou reguit aan in Kerk straat, net na die poskantoor op regs, draai regs in Pastorie straat oorkant die kerk op links. Ry reguit aan in Pastorie straat, waar Pastorie straat grondpad raak, ry plus minus 4km aan tot by afdraai na links, na Drie Riviere plaas. Ry plus minus 1.5km, tot by die parkering wat aangewys sal word.